Georgie gaan verhoog toe!
Hi almal! Ons storie Georgie se Radio sal later vanjaar op die verhoog in Bloemfontein wees, met vertonings op 30 November en 7 Desember 2024 by Doxa Deo Suid in Fichardtpark. Hierdie geliefde oudio storie word nou 'n toneelstuk. Ons waardeer julle ondersteuning en hoop om julle daar te sien!


Ons is bitterlik opgewonde om met julle te deel dat ons storie, Georgie se Radio, later in hierdie jaar op die verhoog gaan verskyn in Bloemfontein. Daar word 2 vertonings beplan vir 30 November en 7 Desember 2024 om 10h00 by die Doxa Deo Suid kerk gebou in Fichardtpark. Ons sou dit nie kon doen sonder julle ondersteuning van ons stories nie.

Georgie se Radio is een van die gewildste oudio stories op die Schink Stories platform en ons kry die lekkerste terugvoer. In die storie wil Martin Schwella by kinders tuis bring dat elkeen daardie iets het waarmee hulle goed is en wat hulle meer as enige iets anders wil doen. Die Storie sorg ook natuurlik vir lekker vermaak en oomblikke wat kinders weer en weer wil hoor. Soos die oomblik toe Louis die Leeu en Dirk die Olifant Georgie se radio afsit.
Luister dit gerus hier: www.schink.co.za/2024/05/16/6-georgie-se-radio/

Schink het hande gevat met Creative Wings Drama Studio om hierdie toneelstuk ‘n realiteit te maak. Martin Schwella en Christi-Ann Lombard het in 2019 ook Die Ware Wenner, gebasseer op Schwella se eerste kinderboek, uit gebring.

Ons deel binnekort met julle meer inligting oor kaartjie verkope.
Bespreek solank een van hierdie datums in julle dagboek.

30 November 2024, 10h00 by Doxa Deo Suid in Bloemfontein.
7 Desember 2024, 10h00 by Doxa Deo Suid in Bloemfotein.


Ons hoop om julle daar te sien!

Sluit aan hier aan by Schink Stories

Martin Schwella die skrywer en illustreerder van Georgie se Radio, Christi-Ann Lombard van Creative Wings Drama Studio en Simoné Schwella van Schink.
Schink Stories