BLOEMFONTEIN, maak gereed vir Georgie!

Bloemfontein ouers en kinders maak gereed vir Georgie!

Die kinderproduksie, Georgie se Radio, is op die verhoog in November en Desember in Bloemfontein. Bring jou kinders en kom deel in die lekker familie vriendelike vertoning. Georgie se Radio sal op 30 November 2024 en 7 Desember 2024 op die verhoog speel by Doxa Deo Suid in Fichardtpark, Bloemfontein om 10h00. Kaartjies is R 50 per persoon.

Vertonings:
10h00, 30 November 2024 by Doxa Deo Fichardtpark, Bloemfontein.
10h00, 7 Desember 2024 by Doxa Deo Fichardtpark, Bloemfontein.
____________________________________________________________________________________________
Kaartjies sal beskikbaar wees by die deur of kan vooraf bespreek word op Quicket.
Volg die skakel: https://www.quicket.co.za/events/286754-georgie-se-radio/#/about

Georgie is ‘n apie wat versot is op musiek en dans. Hy is goed daarmee, dit is ding!
Maar, wat gebeur as Georgie so baie doen waarvan hy hou dat hy nie bewus is dat die diere rondom hom ook besig is met hulle eie ding nie. Georgie se Radio beloof groot pret en vermaak vir kinders en ouers en leer ons ook dat ons bewus van ander moet wees.

Die vertoning beloof groot pret en vermaak vir ouers en kinders. Georgie se Radio is gebasseer op ‘n oorspronklike Schink Stories storie deur Martin Schwella. Schwella en Christi-Ann Lombard van Creative Wings Drama Academy het saam geskryf aan die toneelstuk en die resultaat is tops.

Die verspotte apie, Georgie, word vertolk deur Jeronimo Conradie en hy word vergesel op die verhoog deur ‘n kleurvolle rolverdeling van karakters met CW Laten as Louis die Leeu, Neels Vorster as Dirk die Olifant, Hanna Vorster as Jannie die luidier asook Franzel Du Plessis as die wyse Gertman Die Gemsbok. Georgie se Radio het op 2 November sy eerste vertoning gehad by die ATKV #Weesdieverskil-fees en dit was ‘n groot sukses. Daar word natuurlik 'n hele paar elemente bygevoeg tot die vertoning vir die opkomende vertonings.

Ons by Schink en die span by Creative Wings Drama Academy kan nie wag om hierdie spesiale vertoning met julle te deel op 30 November en 7 Desember nie.

Vir meer inligting kontak vanzylchristiann@gmail.com

Sien julle daar!
Sluit hier aan by Schink Stories

Luister hier na die oorspronklike storie van Georgie:
Schink Stories – Schink

Die Georgie se Radio-span saam met Ebeth Wilson van die ATKV by die ATKV #Weesdieverskil-fees.
van links: Dirk die Olifant ( Neels Vorster ), Ebeth Wilson, Georgie ( Jeronimo Conradie ), Martin Schwella, Jannie die Luidier( Hanna Vorster ), Christi-Ann Lombard, Louis die leeu ( CW Laten ), Gertman die gemsbok ( Franzel du Plessis )
Schink Stories