Stories vol verbeelding en ‘n onvergeetlike storietyd!
Suurlemoentjie, Tieke Tik Tik Tok, Die Kwaai Bok se Klip, Prinses Panda, Rammetjie Uitnek, Meneer Maniere, Oom Boom, Arno Arend en selfs Georgie se Radio is maar net ‘n paar van die lekker verbeeldingreike stories wat in 2024 die lig gesien het op ons splinternuwe aanlyn storietyd-platform, Schink Stories.
Martin Schwella se visie vir die platform was om ouers die geleentheid te bied om nuwe en oorspronklike stories met hul kinders te deel. Schink Stories is gemik daarop om stories aan te bied met goeie waardes, waardevolle lewenslesse en karakterontwikkeling. Schwella beskryf Schink Stories as ‘n heilsame aanlyn omgewing waar ouers en kinders saam die stories kan geniet.
In 2024 het Schink Stories nie net meer huise bereik as wat oorspronklik beplan is nie, maar ook nuwe hoogtes bereik. Een van die hoogtepunte van die jaar was ons eerste verhoogproduksie in Bloemfontein, gebaseer op die geliefde storie Georgie se Radio. Schwella sê hy is oorweldig deur die ondersteuning wat hy ontvang het, sowel as die terugvoer van ouers en kinders oor hul ervarings met die platform.
Maar Schink Stories is nog lank nie klaar nie! Daar is baie nuwe stories op pad in die gewilde StorieHoekie-reeks, wat Schwella self skryf, illustreer en oordra. Verder word verskeie ander reekse beplan, insluitend die uitbreiding van Schink Bybel Stories, Fantjie, en ‘n paar geheime projekte waaroor ons nog nie kan praat nie.
By Schink Stories is ons passievol oor die impak wat stories maak. Ons hoop is om deur ons werk ‘n positiewe bydrae tot julle gesinne te lewer. Ons bedank almal wat gereeld inteken en in ons stories deel. Of dit nou Grootseun die Wildebakkie is of Grotman Grootman, elke storie is daar vir julle om te geniet en met ‘n “sleuteltjie” waardevolle lewenslesse weg te stap.
Martin Schwella skryf en illustreer kinderstories sedert 2015. Met sy eerste boek, Die Ware Wenner, het hy Schink Publishing begin, wat die weg gebaan het vir Schink Stories om die lig te sien. Hierdie platform het reeds ‘n merkwaardige reis gehad, en die toekoms lyk net so blink.
Ons hoop julle geniet hierdie feestyd saam met ons stories en dat dit waardevolle tyd saam met jou geliefdes sal inspireer.
Dankie aan almal vir jul ondersteuning in 2024.
Sien julle vir nog meer storietyd in 2025!
Groete
Die Schink-span
Sluit hier aan by Schink Stories:
https://www.schink.co.za/opsies/
