Dis 2025! Mag dit vir jou ’n wonderlike jaar wees! Mag jy en jou gesin hierdie jaar nader aan mekaar groei, en mag jou huis ’n nog mooier plek word – vol liefde, geluk, en vreugde!
Hier by Schink Stories is ons ongelooflik opgewonde oor die nuwe jaar en al die geleenthede wat dit bied. Ons tema vir hierdie jaar is eenvoudig: EEN STORIE OP ’N SLAG.
By Schink Stories is ons passievol oor stories – stories wat jou en jou kinders vermaak op ’n manier wat nie net pret is nie, maar ook gesond. Ons glo vas dat stories ’n groot impak het op ons gedagtes en ons lewensuitkyk. Daarom vul ons ons stories met dit wat goed en waardevol is. Ons fokus op goeie karaktereienskappe en belangrike lewenslesse.
Martin Schwella, stigter van Schink Stories, het nog altyd die missie gehad om met goeie stories en verbeelding ander toe te rus met waarde. Hy sê:
“’n Storie is ’n sleutel wat dalk net pas by die toe deure in jou situasie.”
Ons wil jou as ouer toerus met ’n platform vol stories wat jy kan vertrou – sonder zombies, spoke of donker temas. Ons werk saam met jou om stories aan te bied wat jou kind help om goeie karakter te bou, gesonde oordeel te ontwikkel, en lewenslesse te leer wat hulle vir altyd sal bybly.
“Stories het ’n geweldige impak op ons gedagtes en ons uitkyk op die lewe,” verduidelik Schwella.
“Daar word dikwels gesê: ‘You are what you eat!’ Net so geld dit vir jou denke. Dit wat jy inneem, beïnvloed jou gemoedstoestand direk.”
Kom groei saam met ons in 2025 op hierdie reis – een storie op ’n slag! Elke persoon wat aansluit, bemagtig ons om te skep en te verbeter.
Tot nou toe was ons platform gefokus op luisterstories, maar in 2025 beplan ons om meer visuele elemente in te bring – natuurlik met die fokus op gesonde stimulasie vir die jongspan.
Ons StorieHoekie-reeks 2 behoort vanjaar af te sluit met 32 stories, en daarna skop ons derde reeks af, wat tot in 2026 sal strek. Die Schink Bybel storie reeks gaan ook voort in sterkte!
Ons nuwe reeks, Die Alledaagse Held met Jo Black, is reeds beskikbaar en sal deur die jaar met nuwe stories aangevul word. Daar is ook gerugte dat Udo Uil weer sy verskyning gaan maak in video's, en moontlik ’n nuwe liedjie of twee gaan uitbring!
Onthou, die gebruik van ons platform is nie bedoel dat kinders alleen daarmee moet speel nie. Ons nooi jou as ouer uit om 10 tot 20 minute saam met jou kinders te spandeer, die stories saam te geniet, en dit ’n spesiale deel van julle dag te maak.
Ons is ongelooflik dankbaar vir elkeen van julle wat ons missie ondersteun en ons stories geniet. Ons sien uit om saam met julle te groei en ons nuwe idees met julle te deel.
Kom ons maak ons huise – en die wêreld daar buite – ’n beter plek! Een storie op ’n slag!
Sien julle vir storietyd!
SLUIT AAN:
https://www.schink.co.za/opsies/
