Maak storietyd deel van jou roetine – so doen jy dit

In ‘n besige wêreld vol skerms, take en gejaag, raak dit al moeiliker om kwaliteittyd met ons kinders vas te vang. Maar net 10-15 minute se storietyd elke dag kan ‘n merkwaardige verskil maak – nie net in julle band nie, maar ook in jou kind se ontwikkeling. Dis ‘n eenvoudige gewoonte met groot voordele: rustigheid, fokus, taalontwikkeling en verbeelding… en dis maklik om te begin.

Hier is ses praktiese wenke om storietyd deel van jou gesin se daaglikse roetine te maak:


Maak_Storietyd_deel_van_jou_roetine_Plasings_01

🕰️ 1. Kies ‘n vaste tyd

Kinders floreer op voorspelbaarheid. Wanneer storietyd elke aand op dieselfde tyd gebeur (byvoorbeeld net voor slaaptyd), bou dit sekuriteit én afwagting. Dit help ook die liggaam en brein om natuurlik na 'n rustiger toestand oor te skakel.


Maak_Storietyd_deel_van_jou_roetine_Plasings_02

💬 2. Skep rustigheid

’n Stil omgewing, ‘n kalm stem en sagte agtergrondklanke berei jou kind voor vir slaap. Stories met ‘n rustige tempo of sagte musiek help hul breine stadiger werk en kalmeer.

🧠 Wenk: Studies wys dat kinders wat elke dag luister na stories of voorgelees word, gemiddeld ’n groter woordeskat en sterker luistervaardighede ontwikkel.


Maak_Storietyd_deel_van_jou_roetine_Plasings_03

🛋️ 3. Maak dit gemaklik

Snoesige kombers, ’n flou lampie en ’n gemaklike plek op die bed of rusbank skep ’n atmosfeer waarin julle regtig kan ontspan. Hierdie klein rituele maak storietyd ’n emosionele anker – iets waarna jou kind uitsien.


Maak_Storietyd_deel_van_jou_roetine_Plasings_04

🔁 4. Herhaal stories

Moet nooit bekommer as jou kind dieselfde storie oor en oor vra nie! Herhaling is ‘n natuurlike deel van leer. Elke keer hoor hulle iets nuuts, verstaan iets dieper, of voel net weer veilig in wat hulle reeds ken.


Maak_Storietyd_deel_van_jou_roetine_Plasings_05

🗣️ 5. Laat hulle oorvertel

Moedig jou kind aan om dele van die storie self te vertel. Dis ’n speelse manier om taal, geheue en selfvertroue te ontwikkel – en om te hoor wat vir hulle uitstaan.

🎉 Pretidee: Vra vrae soos “Wat dink jy het toe gebeur?” of “Hoe sou jy die storie eindig?”


Maak_Storietyd_deel_van_jou_roetine_Plasings_06

✅ 6. Maak dit maklik – begin vandag

Jy hoef nie self elke aand ‘n storie op te tower nie. Klankstories is ‘n ideale hulpmiddel – druk net ‘play’, luister saam en skep waardevolle herinneringe. Jy kan saam kuier, sonder druk.


By Schink Stories kry jy toegang tot 'n groeiende versameling Afrikaanse klankstories vir kinders van 3 tot 10 jaar – alles met ‘n fokus op karakterontwikkeling, kreatiwiteit en pret.

🎧 Nuwe stories elke maand
💛 Ontspan jou kind én versterk hul binneste wêreld
💰 Slegs R55 per maand
🔗 Sluit vandag aan

Schink Stories