Schink_Die_Ware_Wenner_Schink_Stories_600x600
🌱 bou karakter – een storie op ’n slag

Ons hoop om vir gesinne ’n veilige plek te bied waar hulle stories kan ontdek wat kinders en ouers versterk. Elke storie dra waardes, lewenslesse en sleutels wat help om deure in die lewens van kinders oop te maak.
In ’n wêreld waar ouers nie altyd kan vertrou wat vir kinders gemaak word nie, wil ons ’n rusplek wees – ’n plek waar kreatiewe, opbouende en veilige inhoud kinders toerus om vandag en môre staande te bly.

Bou saam met ons – vir jou kind en vir kinders oraloor. 💛

Untitled (7)

Martin Schwella
Stigter, Schink

Char_Block_03
🌱
MISSIE

Bou karakter – een storie op ’n slag.
Ons skep veilige, opbouende stories en kuns vir gesinne, wat kinders en ouers toerus met gesonde waardes, lewenslesse en karakter.


🌟
VISIe

Om gesinne regoor die wêreld te "voed" met stories wat inspireer, leer en versterk. Ons droom is om Schink Stories uit te bou van oudiostories na boeke, musiek, video en animasie – alles met dieselfde waarborg: veilig, heilsame vermaak vir kinders.



WAARDES
  • Kreatiwiteit – Ons glo elke storie is ’n unieke kunswerk.
  • Inspirasie – Ons wil hoop en geloof kweek in elke kind en ouer wat luister.
  • Gesinne – Alles wat ons doen, bou sterker families.

🔑
Ons Belofte aan Ouer & Kind

In ’n wêreld waar jy nie meer alles kan vertrou wat vir kinders gemaak word nie, staan ons vas: Schink Stories is veilig, opbouend en geskik vir enige ouderdom.

Char_Block_02
🤝
Bou saam met ons

Wees deel van ons reis:
Deel ons stories en laat ander ouers weet van Schink.
Help ons groei:
Ons droom is om ook boeke, musiek en animasie te publiseer.

Dra by:
SCHINK PTY. LTD.
Absa Current Account
4093095923
Branch 632005


Wat ouers sê...

"Ek love al Schink se stories. Dit is in goeie taal en daar is 'n goeie lessie in elke storie. Maar, ek love Georgie se Radio want in die huis kan dinge loud raak."

Renske   Arbeidsterapeut

 "Lief lief! Ons drie oudste kids se GUNSTELING! Schink Stories maak bedtyd 'n tyd om na uit te sien. My drie-jarige se woordeskat het so verbeter vandat hy saam luister. Ons sien na nog baie stories!"

Sivonne Suid-Afrika

"My dogtertjie was skaam om by haar maaitjie te gaan kuier en toe sê sy dat sy soos Grotman Grootman moet gaan. Dit is so mooi. Schink Stories help regtig kinders. Dit is wat mens wil hê"  

Elmarette Suid-Afrika
Sluit aan op Schink Stories
wie ons is
Schwella

Ons is Martin & Simoné 
Ons is self ouers van vier en geniet dit vreeslik om stories met ons kinders te deel. Dit maak ons ook opgewonde om te sien hoe stories ’n werklike impak op ons kinders se lewens het.




Ons wens vir Schink Stories is dat dit jou kinders ook sal help—sal help om te oorwin in situasies wat hulle by die skool, by die huis of net daar waar hulle hulself bevind te oorwin.


Ons glo in stories wat motiveer, leer en inspireer.

Ons hoop julle sluit by ons aan vir storietyd.

Sien julle daar!

Sluit aan op Schink Stories