Kies 'n opsie

Kies die plan wat die beste by julle storietyd pas.

Kies volle toegang tot ons veilige, opbouende Afrikaanse stories. Alles is eenvoudig, advertensievry en ontwerp vir gesinne.

Veilige luisterervaring Geen advertensies of donker temas nie. Net storietyd wat rustig en geskik vir kinders voel.
Buigsame planne Kies maandeliks of jaarliks en skuif maklik na die opsie wat by julle pas.

Plan vergelyking

Kies die opsie wat vir jou werk

Elke plan gee jou 'n skoon, veilige luisterervaring. Die verskil is net hoeveel toegang jy wil hê.

Volle toegang

Meeste waarde

Vir volle toegang tot alles

Schink Stories

Geniet toegang tot ALLES!

  • Onbeperkte toegang tot alle stories en reekse
  • Opbouende stories wat veilig is vir kinders
  • Geen advertensies
  • Nuwe stories elke maand
  • Toegang tot hulpbronne
Gaan voort

Vergelyk opsies

Sien die verskille vinnig

Kyk hier langs mekaar watter plan die beste by julle gesin se storietyd pas.

KenmerkSchink Stories Maandeliks Schink Stories Jaarliks
PrysR79 per maand R790 per jaar
ToegangAlle stories en reekse Alle stories en reekse
Nuwe storiesJa, elke maand Ja, elke maand
HulpbronneVol toegang Vol toegang
AdvertensiesGeen advertensies Geen advertensies
BesparingNVT 2 maande gratis
Beste virVolle toegang per maand Volle toegang vir 'n jaar

Algemene vrae

Vrae wat ouers gereeld vra

Hier is vinnige antwoorde op die mees algemene vrae oor gratis stories, planne, toegang en betalings.

Moet ek 'n kredietkaart invoer om die 3 gratis stories te luister?

Nee, glad nie. Jy kan dadelik begin luister — geen kaart, geen verbintenis. Slegs wanneer jy besluit om in te teken, vra ons vir betaalbesonderhede.

Wat gebeur nadat ek die 3 gratis stories geluister het?

Jy kies of jy wil voortgaan. As jy nie wil nie, gebeur daar niks — jy word nie outomaties gedebiteer nie.

Hoe lank het ek toegang tot die gratis stories?

Die 3 gratis stories bly beskikbaar solank jy 'n rekening het. Speel dit so dikwels as jy wil.

Vir watter ouderdom is Schink Stories geskik?

Ons stories is geskik vir kinders van 3 tot 10 jaar. Jonger kinders hou van die kleurryke karakters en eenvoudige verhale, terwyl ouer kinders hulself herken in die uitdagings en waardes.

Hoe lank is elke storie?

Elke storie is tussen 5 en 12 minute lank. Elke storie kom ook met aflaaibare hulpbronne en aktiwiteite sodat die ervaring verder as die luister gaan.

Wie lees die stories voor?

Die stories word deur die skrywer self ingespreek, en karakterklanke word deur professionele stemkunstenaars gedoen. Geen KI — net regte mense met hart vir stories.

Hoe gereeld word nuwe stories bygevoeg?

Nuwe stories word elke maand bygevoeg. As intekenaar kry jy ook volle toegang tot die groeiende biblioteek van bestaande stories.

Wat is die verskil tussen Storie Hoekie en Schink Stories?

Storie Hoekie (R55/maand) gee jou toegang tot 'n spesifieke reeks. Schink Stories (R79/maand) gee jou onbeperkte toegang tot die volle biblioteek — alle reekse, alle karakters, hulpbronne en aktiwiteite, nuwe stories elke maand ingesluit.

Kan ek op enige tyd kanselleer?

Absoluut. Geen boetes, geen lang prosesse. Een klik in jou rekening-instellings en jy is klaar. Jou toegang bly aktief tot die einde van jou betaalde tydperk.

Watter betaalmetodes aanvaar julle?

Ons verwerk betalings veilig deur Paystack.

Op watter toestelle kan ek Schink Stories luister?

Op enige slimfoon, tablet of rekenaar — iOS, Android of webblaaier. Jy log in en luister, so eenvoudig soos dit.

Is daar advertensies in die stories?

Nooit. Schink Stories is 'n veilige, advertensievrye ruimte. Geen donker temas, geen onderbrekings — net storietyd wat goed is vir jou kind.

Ouers vertel

Wat ouers se

Regte terugvoer van gesinne wat Schink Stories deel van hulle roetine gemaak het.

Ek love al Schink se stories. Dit is in goeie taal en daar is 'n goeie lessie in elke storie.

Renske

Arbeidsterapeut

Ons drie oudste kids se gunsteling. Schink Stories maak bedtyd iets waarna hulle uitsien.

Sivonne

Schink Stories help regtig kinders. Dit is opbouend en veilig vir die hele gesin.

Elmarette

An unhandled error has occurred. Reload x

Rejoining the server...

Rejoin failed... trying again in seconds.

Failed to rejoin.
Please retry or reload the page.

The session has been paused by the server.

Failed to resume the session.
Please retry or reload the page.